Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrou besteel tydens gebed

Vrou besteel tydens gebed
 
2008-07-31

Lise Beyers

NADAT ’n bejaarde dame die goedhartigheid gehad het om haar deur oop te maak vir vier jong vrouens, is sy van juwele en honderde rande beroof.

Dié vrou, wat om veiligheidsredes naamloos wil bly, het Vrydagmiddag ’n besoek gehad van vier goedgeklede vroue by haar woonstel in Dorpstraat.

Toe sy haar deur oopmaak, het hulle heel onskuldig voorgekom en gesê dat hulle graag vir haar wil bid.

“Ek wou hulle nie inlaat nie, maar hoe kan jy iemand wat vir jou wil bid betwyfel?

“Ek wou net hê dat hulle op my deur se drumpel moet bid, maar hulle het stadig maar seker hulself binne die woonstel ingewikkel.

“Steeds het hulle gebid, my Bybel gegryp en een van hulle het daaruit begin lees.

“Hulle vra toe vir water en ons is na die kombuis. Drie van die vrouens het om my gestaan en ek kon nie sien wat in die res van my woonstel aangaan nie. Steeds is daar uit die Bybel gelees.

“Uiteindelik het hulle gegroet en is uit my woonstel uit. Maar ek het onraad vermoed toe ek nie my selfoon kry nie.”

Die bejaarde vrou het vir hulle teruggeroep en uitgevra oor die foon. Die vier was heel verontwaardig oor haar vrae en een van hulle haal toe die selfoon langs ’n stoel uit waar dit ingesak het.

“Hulle was heel ontsteld dat ek vir hulle daarvan verdink het. Maar nadat hulle weg is en ek na my slaapkamer is, kom ek agter dat ek besteel is.”

Juweliersware is weg, asook R1500 se kontant wat in verskeie koeverte was.

“Een hiervan was die lone van die vrou wat vir my werk, en nog een het geld in gehad wat ek gespaar het vir nuwe skoene.”

* In nog ’n soortgelyke voorval is Jerome Rens in hegtenis geneem nadat hy homself voorgegee het as ’n pastoor wat geld insamel vir HIV slagoffers.

’n Woordvoerder van die polisie waarsku die publiek om nie hul deure vir vreemdelinge oop te maak nie.

“Daar is talle gevalle waar mense hulle voordoen as dít wat hulle nie is nie. Dan word die niksvermoedende inwoner net nog ’n slagoffer van misdaad.”

Die polisie ondersoek nog voorvalle waar een van hierdie verdagtes al vantevore toegang tot mense se wonings gekry het om te bid.

Enigiemand wat inligting het in verband met hierdie vroue, of hierdie soort misdaad, kan vir insp Hildegard Mackier skakel by 021-807-4000.

* An elderly woman was robbed while four young ladies were praying for her.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za