Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee sterf op pas

Twee sterf op pas
 
2008-07-31

Lise Beyers

’n GRU-ONGELUK het die lewe van twee vragmotorbestuurders geëis op Dutoitskloofpas.

Die ongeluk het Sondag omstreeks 12:00 in gietende reën plaasgevind, toe ’n vragmotor wat in die rigting van Worcester op pad was, kort voor die kruin van die pas gegly en dwars gedraai het.

Nog ’n vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting gery het, het in die eerste vragmotor vasgery, en dié is toe by die kruin af.

Die vragmotorbestuurder het vermoedelik steeds gelewe nadat die voertuig by die berg af is, maar die wrak het aan die brand geslaan.

Verskeie motoriste het gestop om te probeer help, maar die brand was heeltemal buite beheer.

Jakob Makotse is op die toneel dood aan brandwonde, en die bestuurder van die ander vragmotor is Sondagaand aan ernstige beserings oorlede.

Makotsi het vermoedelik ’n ryloper, Tumelo Karel, opgelaai. Hy is uit die vragmotor geslinger toe die voertuig by die kruin afgestort het.

Karel was ongedeerd, en het gesê dat hy geslaap het toe die ongeluk plaasgevind het.

Volgens hom het hy wakker geskrik toe hy reeds uit die wrak geslinger is, en het gesien hoe dit in vlamme uitbars.

Dutoitskloofpas was tot vroegaand vir motoriste gesluit, terwyl die ongelukstoneel opgeruim is.

Vrae word nou van vooraf gevra oor die talle swaarvoertuie wat steeds die pas gebruik in plaas van die Hugenote-tonnel.

’n Reddingswerker het gesê dat hulle jaarliks talle ongelukke hier moet bywoon, en dikwels is dit vragmotors wat betrokke is.

“Die pas is deur die jare berug vir sy skerp draaie en steiltes, en dit is juis hieroor dat die tonnel gebou is. Maar steeds steek drywers óf die tolgeld in hul sak, óf vragmotoreienaars wil dit nie betaal nie.

“Die owerhede behoort gerus nou ernstig daaraan te dink om die pas te sluit vir swaarvoertuie.”

* Two truck drivers have been killed after an accident on Du Toit’s Kloof Pass.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za