Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kind sterf langs skoolbus

Kind sterf langs skoolbus
 
2008-07-31

Lise Beyers

n PLAASGEMEENSKAP is weereens in rou gedompel, nadat ’n dogtertjie dood is onder die wiele van ’n voertuig.

Monique Lackay (8) is Maandagmiddag oudergewoonte saam met nog kinders ná skool op die Wemmershoekpad afgelaai by die Kliprug-kruising.

Volgens ooggetuies het Monique die bus aan die voorkant verbygesteek om die pad te kruis.

Sy is deur ’n bakkie getref wat in die rigting van Franschhoek gery het.

Klein Monique, in graad twee aan Charleston Hill Primêr, is op slag dood.

Die ongeluk het ongeveer 15:30 plaasgevind, maar die jong meisie se lewelose lykie het tot 19:00 in die pad gelê, voordat dit uiteindelik deur die lykswa weggery is.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat daar oorspronklik ’n misverstand was oor die ligging van die ongeluk, en hulle het verstaan dat die ongeluk op die Simondiumpad plaasgevind het.

“Eers nadat al die nodige forensiese werk op die toneel voltooi is, kon Monique se liggaam geskuif word.

“Ongelukkig is dit standaardprosedure en ons vra om verskoning vir enige ongerief.”

Nog vrae wat gevra word is dié van die veiligheid van kinders wat vanaf skole vervoer word.

Monique is die soveelste kind wat in die afgelope jare op hierdie wyse haar lewe verloor het.

Sy was ’n geliefde gesiggie op Rivier­plaas waar sy saam met haar ouers, Abe Wes en Elizabeth Lackay, gewoon het, asook suster Mercia Lackay (15) en broer Graham Wes (11).

Ook by Charleston Hill Primêr sal sy onthou word vir haar vriendelike glimlaggie en geesdrif om te leer.

Monique se ouers het gesê dat hulle al vantevore gekla het dat die kinders nie veilig deur die bus afgelaai word nie en hulle moet ’n gevaarlike pad oorsteek.

“Die dag nadat ons ons kind verloor het, het die busdrywer wel die kinders aan die regte kant van die pad afgelaai, sodat hulle nie die besige Wemmershoekpad hoef oor te steek nie, maar dit was te laat vir Monique.”

* Another young learner has died after being dropped off by a school bus.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za