Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimnasium ondersoek bytery in wedstryd

Gimnasium ondersoek bytery in wedstryd
 
2008-07-31

Jaco van Wyk

’n BERIG in ’n Sondagkoerant dat ’n skoolseun aan die oor gebyt is tydens ’n o.16 rugbywedstryd tussen Hoërskool Gimnasium en Bishops, en dat die wedstryd afgelas is toe dit in ’n bakleiery ontaard het, is volgens Gim se skoolhoof, Basjan Reinhardt “absoluut uit verband geruk”.

Volgens dié berig is die wedstryd tussen die twee spanne afgeblaas as gevolg van geniepsige spel en herhaalde onderonsies tussen die spelers. Gim was op dié stadium gemaklik voor met 19-0.

Volgens die berig was die oorbytery een van verskeie voorvalle in die o.16 wedstryd wat by Bishops in Rondebosch plaasgevind het.

Die slagoffer van die Gimmie-tande was glo Oliver Kebble, seun van besigheidsman en voormalige Springbok en Westelike Provinsie voorspeler, Guy Kebble.

Oliver is blykbaar ná die wedstryd na ’n dokter geneem om ’n klem-in-die-kaak-inspuiting te kry.

Met die vraag of die woorde “ongoing brawl”, soos in die berig gebruik is, ’n akkurate verduideliking is van wat op die veld gebeur het, het Reinhardt gesê: “Daar was nooit enige vuishoue gewees nie.”

Die seun van die Minister van Finansies, Jamie Manuel, was volgens die berig ook op die veld as een van Bishops se spelers. Of hy ’n teiken van enige vorm van geweld was, is nie berig nie.

Volgens Reinhardt word die saak tans ondersoek.

“Ek het reeds Maandag met die skoolhoof van Bishops, Grant Nupen, vergader om die kwessie te bespreek.

“Ons vat die saak nou van ’n kant af.

“Daar is beslis geen kwade gevoelens tussen die twee skole ná wat gebeur het nie. Ek sal eerder sê dat die skole se verhouding gegroei het in die proses.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za