Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wêreld aan sy voete

Wêreld aan sy voete
 
2008-07-31

Sieb Sieberhagen

Die wêreld is behoorlik aan Conrad Burger se voete. Of dit nou op die rugbyveld, swembad, krieketveld of atletiekbaan is, dié graad 7-leerling van Hugo Rust in Wellington, behaal uitsonderlike prestasies.

Op akademiese gebied gaan dit ook glad nie vrot nie

“Hy boer hier by die negentig persent rond,” sê ’n trotse De Wet Burger, pa van Conrad.

Conrad, 2008 se hoofseun van Hugo Rust, het reeds sedert o.11 negentien swemrekords gebreek. Hy lewer baie goeie prestasies in die vry- en rugslag.

Hy het onlangs tydens die SA kampioenskappe ’n vyfde plek in die rugslag losgeswem.

Op die atletiekveld gaan dit ook voor die wind. Hy het vanjaar sy WP-kleure vir gewigstoot en skyfwerp ontvang.

Conrad is ook vanjaar vir die Boland se o.13-krie- ketspan gekies en speel vandeesweek in die Boland o.13 Cravenweek-span.

“Alhoewel hy vir sy skool op flank uitdraf, speel hy op slot vir Boland,” sê sy pa.

Volgens Conrad was dit ’n geweldige eer om vir Boland uit te draf tydens die o.13 Cravenweektoernooi.

“Dit was ’n baie groot ervaring en ek is baie trots om deel te kon wees daarvan.”

Conrad se gunstelingsport is rugby en sy groot rugbyheld is Schalk Burger.

“Ek geniet dit om die rol van ’n baljagter in die span te speel.

“Net soos Schalk, wat in dieselfde skool as ek was, hou ek van die kontak van die spel en ek geniet dit om groot duikslae uit te voer.”

Conrad, wat dalk volgende jaar sy skoolloopbaan by die Hoër Landbouskool Boland wil voortsit, sê dat dit beslis ’n droom is van hom om eendag op ’n hoër vlak rugby te speel.

“Ek besef dat die Here vir my ’n gawe gegee het en daarom wil ek graag my talente uitleef.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za