HJS en Gim betree interskole met sterk oorwinnings
2008-07-31
Jaco van Wyk
MET Interskole wat Saterdag weereens die beste uit twee van die rugbyreuse van die Paarl, Hoėr Jongenskool en Hoėrskool Gimnasium, gaan haal, behoort beide spanne die speelveld met selfvertroue te betree nį oortuigende oorwinnings oor die afgelope naweek se teenstanders. HJS het die koek gevat deur een van hul beste rugbyvertonings van die jaar te lewer teen Wynberg op Brugstraat. Die Boishaaiers het al die krane oopgedraai om die Kaapse skool met 35-0 te verniel. Die Gimmies het vir Bishops op Nuweland ontmoet in n voorwedstryd vir die Curriebeker-wedstryd tussen WP en die Kavaliers. Veral Gim se voorhoede het hul opponente afgeknou in die skrums en sodoende gehalte-bal aan die skakelpaar besorg vir die Paarliete om die wedstryd 21-10 te wen. * Alhoewel Hoėr Landbouskool Boland vasgeval het in sy wegwedstryd teen Paul Roos Gimnasium, moes die Stellenbossers hard veg om uiteindelik met 20-16 baas te wees. * Hoėrskool Hugenote beleef tans n uitstekende rugbyseisoen. Dié naweek het hulle weer gewys waarom hulle maklik met die groot honde kan saam- gesels toe hulle vir Hoėrskool Strand lag-l ag kaf gedraf het met 47-5. * Hoėrskool Labori was Saterdag ook weer op die wenpad. Hulle het n goeie spanpoging gelewer om met 26-16 klaar te speel met Hoėrskool Hermanus.
More
News
|