Sport Dagboek
2008-07-31
Klein Nederburg Sekondêr hou Vrydag die skool se Big Brag. Alle oudstudente word uitgenooi om die funksie by te woon. Verrigtinge begin om 19:00, tot laat, by die Annunciationsaal. Die funksie se doel is om gees te vang vir die Derby wat van 4 tot 9 Augustus plaasvind, en dien ook as ’n reünie vir alle oudstudente van die skool. Kontak 021- 862-2720 vir meer besonderhede. * Oudstudente van Bergrivier en Weltevrede wat gaan deelneem aan die Derbywedstryde in die vlugbal, rugby, netbal en sokker moet hul name indien by die onderskeie skole. Kontak Jerome McPherson by 021-873-2301 by Bergrivier of Rosaline Philander 021-873-1559 by Weltevrede. KRIEKET Young Peoples Krieketklub hou dié naweek, vanaf Vrydag tot Sondag, ’n oefenkamp te Drakenstein Gevangenis. Vervoer vertrek om 17:00 vanaf die woning van Jeff Adams. Vir verdere inligting, kontak die afrigter, Julian Abels, by 072-747-7027. Die klub begin Dinsdag met sy binnenshuise netoefening by Boland Park vanaf 19:30 tot 21:30. PLUIMBAL Die 25ste SA Veterane Pluimbal individuele kampioenskappe en interprovinsiale toernooi vind van Sondag tot Saterdag plaas in die DF Malansaal op Stellenbosch. Altesame 24 spanne het ingeskryf, waaronder ’n hele klomp voormalige Springbokke. Puik pluimbal word in die vooruitsig gestel en die publiek is baie welkom om die verrigtinge by te woon. Toegang is gratis. Spel begin elke dag om 10:00. Kontak Kallie van Heerden by 083- 297-3744. RUGBY Albions speel Saterdag tuis, op Daljosafat, teen Stellenbosch Coronations. Wedstryde begin om 13:35 met die hoofwedstryd wat om 16:00 afskop.
More
News
|