Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Gardens draai krane oop

Young Gardens draai krane oop
 
2008-07-31


YOUNG GARDENS het Saterdag vir Vine- yards op Gardens Park gemaklik met 59-12 afgestof.

Vineyards is skuldig aan geniepsige spel vanaf die bal en het hierdeur probeer om Gardens te ontwrig.

Gardens het egter goed kopgehou en met aanvallende rugby die manne van Vineyards stukkend gehardloop.

Interessant genoeg het die jeugdige span van Gardens met hul spoed en goeie hardlooplyne vir Vineyards uitoorlê.

Veral Alwyn Farmer (nuutgekose SA Skole Akademiespeler), Justen van Schoor, Glen Schultz en Werner Pretorius, het as agttienjarige spelers uitgeblink.

Vineyards kon vir die tweede agtereenvolgende naweek nie ’n tweede of derde span in die veld stoot nie.

Gardens se puntemakers was die losskakel Tino Prins (twee drieë en ses doelskoppe), die buitesenter Calvirgell Fortuin (twee drieë), die heelagter Ashwill Abrahams (twee drieë), die binnesenter Craigh Johnson (een drie), die linkervleuel Chris Fortuin (een drie), die skrumskakel Alwyn Farmer (een drie) en Van Schoor (een doelskop).

Gardens speel Saterdag teen Laer Paarl op Daljosafat-stadion.

Young Gardens se volgende maandvergadering is Maandag om 20:00 te Paarlzicht Primêr.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za