Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newtons deel louere

Newtons deel louere
 
2008-07-31


’n WEDSTRYD wat nog lank by Newtons kan spook omdat hulle dié een deur hul vingers laat glip het - dit is hoe Newtons se ondersteuners die wedstryd teen Ashton sal onthou.

’n Beslissende wedstryd tussen die twee voorlopers in die liga, met Newtons wat die tweede posisie beklee, wat heel moontlik die tuiste van die ligabeker kon bepaal, het dramaties gelykop geëindig met 25- 25.

’n Strafdoel in die doodsnikke van die wedstryd, deur die speler van die wedstryd, Irvin Williams, het toegelaat dat Newtons die louere kon deel.

Newtons het net hulself te blameer vir die uitslag aangesien hulle ’n voorsprong van 22-10 prysgegee het met slegs ’n kwartier se speeltyd oor.

Selfsugtigheid en swak afronding het Newtons van nóg punte en ’n moontlike oorwinning beroof.

Die besoekers het nooit tou opgegooi nie en het veral met hul voorspelers se dryfwerk vir Newtons laat bontstaan.

Volgens Newtons se afrigter, Sydney Cupido, moet Newtons nou al vier sy oorblywende wedstryde wen om die ligatitel in te palm.

“Die spelers sal nou moet fokus behou en konsentreer op die taak wat voorlê,” sê Cupido.

Newtons se groot uitblinkers Saterdag was die agtsteman Delwaine Barron, die slot Junaid Ahmed, en die senter Heini de Jager.

Barron het Newtons se enigste drie gedruk terwyl Irwin Williams ses strafdoele en ’n doelskop behaal het.

Eerskomende Saterdag speel Newtons in ’n wegwedstryd teen Wolseley United.

Die bus vertrek om 11:00. Reisgeld is R40.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za