Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Amper, Tiere

Amper, Tiere
 
2008-07-31


YOUNG PEOPLES het Saterdag op Daljosafat so byna vir ’n groot verrassing gesorg toe hulle met 13-8 die knie gebuig het teen Kraaifontein, op Daljosafat se sportgronde.

Die Tiere het met hart gespeel en die span van Kraaifontein deurgaans onder druk gehou met hul hegte verdediging.

Die voorry van Peoples, met die jong stut Cheslyn Malherbe en die speler van die wedstryd, Bradley Courtereal, het die skrum vir Young Peoples geanker teen die swaar agttal van Kraaifontein.

Kraaifontein se voorspelers kon nooit enige momentum kry nie, aangesien Peoples se voorhoede hulle telkemale in die lynstane en skrums ontwrig het.

Die Tiere het egter vroeg in die wedstryd momentum verloor toe hulle ’n onderskepdrie afgestaan het.

Daarna kon Kraaifontein nie weer die Tiere se doellyn oorsteek nie.

Die tuisspan het werklik karakter getoon en die sterbelaaide span van Kraaifontein geen beweegruimte gegun nie.

Peoples se Dominique Daniels het ongelukkig sy skopstewels by die huis vergeet en ’n paar geleenthede om punte aan te teken het vir die Tiere verlore gegaan.

Peoples het gaan rus met die telling op 10-3 in Kraaifontein se guns.

Ná rustyd het Peoples die span van Kraaifontein onder geweldige druk geplaas en ná ’n skerp breekslag deur Malherbe het die vleuel Luantion Abelse in die hoekie gaan druk.

Die Tiere kon hierna nie weer punte aanteken nie.

Peoples het werklik met eer uit die stryd getree aangesien hulle in die tweede helfte vir dertig minute met slegs veertien spelers moes klaarkom nadat hulle kaptein van die veld gestuur is.

Veral Peoples se senter Sam Titus, was ’n doring in Kraaifontein se vlees met sy hegte verdediging.

Die Tiere moet voortbou op dié vertoning in Saterdag se wedstryd op Bellville teen Bellville-Tech.

Peoples se tweede span het met 6-9 verloor en die derde span het met 10-13 vasgeval.

Peoples se o.20’s het die knie gebuig met 0-28.

Die bus vertrek Saterdag om 10:30 uit Groenheuwel.

Kaartjies is R20.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za