Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Produsente kry groter beheer

Produsente kry groter beheer
 
2008-08-07


VITITEC, die wynbedryf se leier in die vermeerdering van wingerdplantmateriaal, is van 1 Julie in gesamentlike besit van KWV en VinPro, die wynprodusente se verteenwoordigende organisasie. Albei besit nou ’n 50% aandeel.

’n Nuwe regsentiteit, Vititec, het die plantverbeteringsdivisie wat voorheen deel was van KWV, vir R30 miljoen gekoop.

Hierdie herstrukturering is in lyn met KWV se kommersiële strategie en gee aan wynprodusente groter beheer oor ’n belangrike bedryfsbate, naamlik die genepoel van al die kernplantmateriaal in die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Benewens sy taak as bestuurder van die genepoel by Picardi in die Paarl, is Vititec die bedryfsleier in navorsing en die ontwikkeling van nuwe kloonmateriaal, met ervaring van meer as 30 jaar in die verbetering van die belangrikste, kommersieel aangeplante druiwe kultivars.

Vititec voorsien 70% van die bedryf se plantmateriaal aan wingerdkwekers, wat op hul beurt geënte wingerdstokke verkoop aan produsente onder die toesig van die Wyndruifverbeteringsvereniging en die Suid-Afrikaanse Sertifiseringskema vir Wyndruiwe.

Thys Loubser, hoof uitvoerende beampte van KWV, het aangedui dat plantverbetering nie meer deel is van KWV se kernbesigheid nie.

“KWV fokus nou spesifiek op alkoholiese drankhandelsmerke. Dit is dus belangrik om die volhoubare bestuur van hierdie bate op ’n verantwoordelike manier te hanteer. VinPro is vir ons die mees gepaste mede-be­waarder van die genepoel van die wynbedryf,” sê hy.

Volgens Jos le Roux, besturende direkteur van VinPro, was dit ’n strategiese besluit om gesamentlike eienaarskap van Vititec op te neem.

“Die sinergieë wat in hierdie vennootskap tussen VinPro en KWV geskep word, sal spesifiek tot voordeel wees van ons lede, en sal VinPro nou in staat stel om selfs meer omvattende dienste aan produsente te lewer.”

Vititec se huidige aktiwiteite pas goed aan by VinPro se dienste, wat onder meer wingerdboukundige-, landbou ekonomiese- en swart bemagtigingsadviesdienste en konsultasie aan die wynbedryf insluit.

“Die belangrikste vir ons is egter die feit dat VinPro nou direk insae kan hê op besluite oor hoë kwaliteit plantmateriaal, kultivarkombinasies en volumes in lyn met markbehoeftes,” sê hy.

Dit ondersteun die visie van Vititec se algemene bestuurder, Nico Spreeth, wat glo dat Vititec moet fokus op die winsgewendheid en sukses van hul kernaktiwiteite, wat sentreer rondom die vermeerdering van wingerdplantmateriaal en die voorsiening aan kwekerye.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za