Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkeersmanne bederf Interskole

Verkeersmanne bederf Interskole
 
2008-08-07


EEN maal per jaar gebeur daar in die Paarl iets wat seker in die wêreld nie sy gelyke het nie en dit is die interskole-byeenkoms tussen Paarl Gimnasium en Boishaai. Volgens ingeligte menings is die geweldige geesdrif en ondersteuning deur mense van oral oor, selfs uit die buiteland, ’n unieke geleentheid. Dit is weer eens die afgelope week en oor die naweek bevestig met ’n opkoms soos seker nooit tevore nie.

Maar nou kom die plaaslike verkeersafdeling en bederf die geleentheid met sy ongevoelige hantering van die gebrek aan voldoende parkering deur veelvuldige ver­keers­kaartjies uit te skryf en dit vir ’n boete van R300.

Verkeersbeamptes (onder gewone omstandighede skaars sigbaar in die dorp!) sak toe in hulle hordes op geesdriftige toeskouers en skryf links en regs kaartjies uit.

Indien daar, soos by ander sportterreine, voldoende parkering beskikbaar was, kon ’n mens dit nog verstaan, maar rondom die Faure-stadion is daar geen beskikbare parkering nie, wat mense uit moedeloosheid van elke moontlike ruimtetjie laat gebruik maak.

As die verkeersafdeling eerlik wil wees sal hulle erken dat baie min van die “oortreders” verkeersobstruksies veroorsaak het of op plekke parkeer het waar hulle die uitsig van verkeer bederf het. .

Wat is die oplossing? Die verkeersafdeling behoort ’n spesiale reëling te hê by so ’n groot (en finansieel voordelige) geleentheid deur die publiek simpatiek te bedien en sekere strate af te baken waar die gewone streng maatreëls nie van toepassing is nie.

Carel Greyling




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za