Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerlikheid beïndruk

Eerlikheid beïndruk
 
2008-08-07


OP 18 Julie het ek inkopies by Bergrivier Textiles se winkel gedoen.

Nadat ek by die huis gekom het, het ek ontdek dat my goue halssnoer van sowat R1000 verlore was.

Dit was redelik duur en ek heg nogal baie sentimentele waarde daaraan.

Die Maandag is ek terug na Bergrivier, maar na vele gesoek, het ek niks gekry nie.

Ek het ’n winkelassistent genader om navrae te doen oor die halssnoer.

Tot my verbasing het Shuleiman Daniëls, ’n werknemer, dit wel opgetel en dit in die kluis gebêre.

Ek was so dankbaar vir Shuleiman se eerlikheid en wou hom ’n klein beloning gee, maar hy het geweier om enige geld te vat.

Ek wil Shuleiman bedank vir sy eerlikheid en hoop hy spoor meer mense aan om soos hy te wees om ’n pluspunt vir ons gemeenskap te wees.

Slaan misdaad hok.

Eleanor Phillips




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za