Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boishaai die 'wenner'

Boishaai die 'wenner'
 
2008-08-07


SATERDAGAAND, na interskole, gesels ek en my twee dogters op ons gesinsforum op die internet.

“Pa wie het toe interskole gewen?” vra beide amper gelyktydig.

“Julle bedoel seker die rugby-interskole” antwoord ek, (want soos almal weet het Boishaai vanjaar feitlik alle ander sportkragmetings teen Gim gewen; altans so hoor ek).

“Julle vra nou ’n baie moeilike vraag waarvoor ek nie regtig ’n antwoord het nie. Boishaai se eerste span het lelik verloor; nogal met ’n rekord telling. Ook dus mag die antwoord dalk Gimnasium wees.

“Maar dan is dit ook so dat 22 wedstryde gespeel is, waarvan Boishaai 14 gewen het, 1 was gelykop en Gim het 7 gewen.

“In die proses het Boishaai se spanne 367 punte aangeteken en Gim se spanne 242. Die wedstrydgemiddelde is dus 16 - 11 ten gunste van Boishaai. Wie het nou werklik interskole gewen?”

“Boishaai” antwoord beide, weereens amper gelyktydig! En wie stry nou met jou dogters?




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za