AS oud-ouer van Boishaai (en Gim!) wil ek graag vir HJS sê: Baie geluk met alle Interskoles 2008!
Die manne in Blou was in al die volgende sportsoorte bobaas: krieket, atletiek, swem, tennis, gholf, skaak, muurbal asook in die volgende rugby A-spanne: o.13, o.14, o.15.
Die o.16A’s was gelykop.
In hokkie het beide o.19A en o.16A gelykop gespeel. Debat-interskole kon ongelukkig nie plaasvind nie, weens Gim se onttrekking.
Dus, Boishaai, ons salueer jou!
Mag ek ’n pleidooi lewer dat ander sportsoorte dieselfde eer en erkenning ontvang as rugby - vir ’n meer gebalanseerde, volwasse perspektief.Hetta Kirsten