Paarl instrukteur na Beijing
2008-08-07
Sieb Sieberhagen
Annette Nel, instrukteur van Paarl Ritmiese Gimnastiekklub tree vanjaar by die Olimpiese Spele in Beijing op as beoordelaar in die ritmiese gimnastiekkompetisie.
Annette, die eerste Suid-Afrikaner wat hierdie eer te beurt val, vertrek eersdaags oorsee om haar by die 24 ander beoordelaars aan te sluit. Vanjaar se kompetisie sluit die items tou, knuppel, lint en hoepels in.
More
News
|