DIE Suid-Afrikaanse Polocrosse-kampioenskap- pe het onlangs plaasgevind by die Noodsberg Buiteklub waartydens nege en dertig spanne, insluitend die Cape Unicorns Polocrosse Club van die Paarl, deelgeneem het in ’n suksesvolle kampioenskap.
Die top vier spanne in die A-divisie - Seaton Delaval, Cape Unicorns, Nyati en Umhlali - het strawwe mededinging gehad om die finaal te haal van die Channey- beker.
Cape Unicorns het briljante spel gelewer om die finaal te haal en uiteindelik teen Nyati geseëvier met ’n telling van 29-16.
In ander wedstryde het die Unicorns afgereken met Nyati B en met die algehele wenners van 2007, Umhlali A.
Dit is slegs die derde keer in 35 jaar dat dié trofee Kaap toe kom. Die gees onder die spelers was ongelooflik en almal was 100% gefokus en gemotiveerd. Die uitslag is ’n duidelike bewys daarvan.
Gysbert Boonzaaier van die Unicorns is aangewys as die beste nommer 3 speler van die toernooi.
Dawnay Jacobs het die pryse vir die beste perd, die beste ruiter asook die Golden Pony-prys ingepalm.