MET verskeie sleutelspelers wat hul terugkeer vir Albions gemaak het na beserings, het Albions, na ’n lang wendroogte, met 23-15 koning gekraai teen Stellenbosch Coronations.
Beseerde spelers wat hul teenwoordigheid veral laat geld het teen die Stellenbossers was Jonothan Cornelissen, Gamain Poggenpoel en Ju-Wayne Cyster.
Die wedstryd was gespeel teen ’n hoë tempo met Albions se kaptein, Roderick Fillies, wat sy span goed bymekaargehou het.
Veral in die eerste helfte was dit asof Albions die enigste span op die veld was.
Die voor- en agterspelers het goed gekombineer, met die stut, Jaco Fortuin, wat veral die oog gevang het.
Hy is na afloop van die wedstryd aangewys as die speler van die wedstryd.
Agterlangs was dit weer die senters van Albions wat uitstekend verdedig het.
Albions se tweede span het vasgeval met 10-26 terwyl Albions se derdes met 23-15 geseëvier het.
Albions speel Vrydagaand om 18:30 teen Paarl op Daljosafatstadion.
Die hoofwedstryd begin om 21:00.