Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newtons se bekerkanse kwyn

Newtons se bekerkanse kwyn
 
2008-08-07


IN ’n wegwedstryd op Wolseley het Newtons, tans die naasvoorlopers in die kompetisie, sy rieme styfgeloop om met 6-8 te verloor teen hul opponente.

Soos die telling toon, was daar min te kies tussen die twee spanne.

Soos die geval telkens vanjaar was, kan Newtons net hulself blameer vir dié nederlaag.

Met ’n eenogige skeidsregter, wat blykbaar sy mes ingehad het vir Newtons, was veral hul voorspelers telkemale gestraf. Dit het die Wellingtonners se ritme drasties versteur.

Met dié nederlaag het Newtons se kanse om die ligatitel te buit ’n gevoelige slag gekry.

Met die terugkeer van drie Bolandspelers (Alshaun Bock, Jacquin Ruthford en Ryan Jordaan) wat nie beskikbaar was nie as gevolg van beserings en ander verpligtinge, kan Newtons die vonk herwin om hul bekerdrome weer te laat herleef.

Newtons se uitblinkers was Edward Jansen (heelagter), Llewelyn Jacobs (senter), Roderick Loverlott (haker) en Eslin Snyders (flank). Irwin Williams het twee strafdoele behaal.

Newtons het Saterdag ’n loslootjie en speel die week daarna in ’n wegwedstryd teen Rawsonville.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za