Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dié manne het ‘n magtige dreuning

Dié manne het ‘n magtige dreuning
 
2008-08-07


VRYDAG 15 Augustus om 20:00 tree Etienne Terblanche en Dikazzins op by die Ou Meul-teater in die Paarl.

Ná jare se wedervaringe op elke denkbare verhoog en kilometers op die pad kon Etienne Terblanche en Dikazzins uiteindelik lank genoeg stil sit om hul “Magtige Dreuning” op band vas te vang.

Hulle debuut-vollengtevrystelling arriveer eersdaags op winkelrakke.

Met elf oorspronklike snitte wat jou ore bestorm is “Die Magtige Dreuning” die klank van ’n groep wat jare se ondervindings in ’n klankbaan omsit.

Met tref-en-trap-tromme wat die pas aangee, ’n baskitaar wat die wiele dryf en elektriese kitare wat soos oorlogsvlae deur die musiek wapper, word die fondasie gelê vir Etienne se basstem wat die woorde tuis bring.

Kaartjies is R40. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za