Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe later, hoe kwater

Hoe later, hoe kwater
 
2008-08-07


YOUNG GARDENS het Saterdag gesukkel om aan die gang te kom teen Laer Paarl nadat sewe spelers hulself kort voor die wedstryd onttrek het. Gardens het uiteindelik maklik geseëvier met 41-5.

Gardens se vroeë gesukkel is grotendeels weens ’n gebrek aan samespel en die afstaan van balbesit op kritieke tye.

Gardens kon teen rustyd met slegs 10-0 voorloop.

Ná rustyd het die voorspelers meer gesag begin afdwing en die samespel tussen voor- en agterspelers het algaande verbeter.

Gardens se spelers het deur die loop van die wedstryd met meer selfvertroue gespeel en aanvalle was vanaf hul eie doelgebied geloods.

Die stut Poenie Abrahams het beïndruk met sy spoed en goeie voorgevoel en was sodoende beloon met twee drieë.

Gardens se ander driedrukkers was Calvirgell Fortuin (buitesenter), Craigh Johnson (binnesenter), Joe Lipp (flank) en Tino Prins (plaasvervanger losskakel).

Justen van Schoor was in die kol met drie doelskoppe en ’n strafdoel. Alwyn Farmer het ook ’n doelskop behaal.

Gardens se tweede span het hul teenstanders met 63-0 gewen.

Gardens se volgende ligawedstryd is op 23 Augustus teen Riverstones op Gardens Park. Spelers oefen soos normaal op Dinsdae en Donderdae te Paarlzicht Primêr.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za