Koos Kombuis in Paarl
2005-07-14
DIE gewilde sanger Koos Kombuis tree na jare weer op by Simonsvlei, op 27 en 28 Julie.
Natuurlik het Kombuis geen bekendstelling nodig nie, veral nie in die wynbedryf nie. Vir byna twee dekades vermaak hy nou al gehore.
Dis net Koos, sy kitaar, 'n barstoel en 'n bottel goeie Simonsvlei wyn! Ten minste 'n uur van liedjies, humor, sosiale kommentaar, en romantiek.
Koos belowe om die aand by Simonsvlei 'n hele klomp van sy bekende liedjies te speel, soos ‘‘Lisa se Klavier’’ en ‘‘Bicycle Sonder 'n Slot’’, maar hy het ook nuwe liedjies wat hy graag op 'n gehoor wil toets.
Bespreek by Lynette Griessel, 082-418-4748 of info@simonsvlei.co.za.
More
News
|