Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers kom al nader

Kavaliers kom al nader
 
2008-08-07

Jaco van Wyk

DIE Boland Kavaliers, wat tans heel onder aan die Curriebeker-punteleer boer, het Saterdag die huidige kampioene, die Vrystaat Cheetahs, hard om ’n oorwinning laat swoeg op Boland-stadion.

Nadat die manne van Wellington hul teenstanders vir ’n lang ruk in die knyp gehad het, het die Vrystaters uiteindelik kop bo water gekry om dié wedstryd met 15-10 te beklink.

Die Cheetahs lê tans, saam met die Blou Bulle en die Sharks, bo aan die punteleer.

Alhoewel die veldoppervlak dalk nie na wense was vir hardlooprugby nie, was die Cheetahs se grootste fout miskien om die Kavaliers te onderskat.

Ná Boland se reeks nederlae, val van die groter unies dikwels in die strik om die Kavaliers as die kompetisie se slaansakke te beskou.

Op hul tuisveld is die Kavaliers egter ’n ander span en besoekers moet weet dat hulle nie ’n wen as vanselfsprekend kan aanvaar wanneer hulle na die Boland reis nie.

Voorlangs bly die Kavaliers derduiwels en hul skrumkrag, tot op die reserwebank, is ’n droom vir enige span in die kompetisie.

Elkeen van Jean Botha, WP Nel, Janro van Niekerk en Andries Human sal nie een van die groter Unies in die steek laat nie. Dit het die manne in swart Saterdag weereens bewys teen die sterk pak van die Cheetahs.

Boland se losvoorspelers was goud werd vir die Wellingtonners en het hul teenstanders by die afbreekpunte nou en dan selfs oorskadu.

Die Cheetahs het self baie diepte op flank en agtsteman en word as een van die mees gevreesde kombinasies in die Curriebeker beskou. Veral Zolani Mofu het uitgeblink onder die Kavaliers se losvoorspelers.

Die Kavaliers se enigste drie is gedruk deur Danwell Demas. Ishma-eel Dollie (doelskop) en Justin Peach (strafdoel) was die ander puntemakers.

Vir die Cheetahs het Fabian Juries (’n drie), Richardt Strauss (’n drie) en Chris Rossouw (doelskop en ’n strafdoel) punte aangeteken.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za