Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jeugmusiek by konsert

Jeugmusiek by konsert
 
2008-08-07


MUSIEKLIEFHEBBERS moet nie Saterdag 16 Augustus om 19:00 die Frank Pietersen Musieksentrum se jaarlikse galakonsert in die Paarl stadsaal misloop nie. Jeugorkeste, marimbas en kore tree op.

Hierdie jaar se konsert lê klem op jeugmusiek en by hierdie geleentheid sal die splinternuwe Frank Pietersen kinderkoor onder leiding van Caren Bosman ook optree.

Hierdie koor bestaan uit die pragtigste kinderstemme gekies uit amper alle Paarl en Wellington laerskole.

Klein Nederburg Sekondêr se koor sal die gaskoor wees by hierdie spoggeleentheid.

Benewens hulle eie optrede sal hulle ook saam met die kinderkoor en die Frank Pietersen volwassekoor in ’n massakoor optree in die opvoering van die bekende Xhosa liedjie “Thula Thula”, spesiaal verwerk vir die Frank Pietersen jeugorkes, Afrika marimbas en koor deur Chris Jeffery.

Chris het ’n besonderse verwerking van hierdie lied gemaak vir die groep wat verlede jaar na Duitsland getoer het en dit daarna verwerk vir die volle jeugorkes, Afrika marimbas en koor.

Behalwe vir die jeugorkes sal ander groepe van die sentrum ook optree en musiek vanaf Corelli, Beethoven en Tchaikovsky tot by filmmusiek (Alladin) en die bekende “Blouberg se Strand” sal gehoor kan word.

Die opgewondenheid is groot onder veral lede van die junior jeugorkes, wat bestaan uit die junior en intermediêre strykorkeste en die junior blaasorkes.

Die sangeres en nuwe sangonderwyseres van die Frank Pietersen Musieksentrum, Jo-Nette Lekay, sal ook optree.

Kaartjies teen R40 kan gekoop word by die sentrum se kantoor of die aand van die konsert by die deur.

Daar sal ook verversings te koop wees gedurende pouse.

Vir meer besonderhede, kontak die kantoor by 021-872-2123 of 021-872-2124.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za