Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier Taalmaand met skrywers

Vier Taalmaand met skrywers
 
2008-08-07


AS deel van die Afrikaanse Taalmuseum se Taalmaandvieringe het dié plaaslike museum steeds ’n propvol program vir liefhebbers van die Afrikaanse taal.

* Vroue vanaf die Bybeltyd tot nou is ’n gesellige oggend met geestelike danse, demonstrasies en verversings aangebied deur die Dorkasklub en ATKV Dames, Paarl . Dit is Saterdag om 11:00, in die Huguenot Gemeenskapsaal, Jan van Riebeeckweg, Paarl. Kaartjies is R25. Skakel 021-862-1223 of 021-862-2474.

* In Afrikaans van toeka tot nou gee studente van die US Dramadepartement nuwe lewe aan die geskiedenis van Afrikaans vir graad 8 en 9 leerders op 12, 13 en 14 Augustus om 09:30 in die Toringkerk-saal in die Paarl. Kaartjies is R2. Skakel 021-872-3441.

* Oom Karel en sy geweer is ’n gesellige kuieraand vir vyf-en-vyftig-plus met Johann Symington, redakteur van Kerkbode, as spreker Dinsdag 12 Augustus om 19:00 in die NG Kerksaal Agter-Paarl. Kaartjies is R60 en aandete is ingesluit. Bring eie wyn. Skakel 021-872-3779 of 076-488-8864.

* In die tweede Mathews Phosa-gedenklesing tree Henry Jeffreys, redakteur van Die Burger, as spreker op met ’n toer deur die uitstallings van die Taalmuseum Donderdag 14 Augustus om 18:30 by die Taalmuseum Historium in die Paarl. Skakel 021-872-3441.

* Musikale pêrels is ’n moet vir opera-liefhebbers, wanneer die alombekende Kaapse Operagroep musikale pêrels uit gewilde opera’s en operettes sing Vrydag 15 Augustus om 19:00 by die Hoërskool Gimnasium Ouditorium. Kaartjies is R60 (met ligte verversings). Skakel 021-863-3839 0f 072-997-5611.

* In ’n Lewe gesels Johan Geldenhuys met prof John Kannemeyer oor sy nuwe biografie oor Etienne Leroux en oor sy bundel opstelle “Uit puur verstrooiing” Saterdag 16 Augustus om 10:00 in die Taalmuseum Historium in die Paarl. Kaartjies is R45 (ligte middagete en wyn ingesluit). Skakel 021-863-3839 of 072-­ 997 5611. Boeke sal te koop wees.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za