Vier Vrouedag
2008-08-07
VROUEDAG word Saterdag van 10:00 gevier met ’n interkerklike dag vir vroue van Wellington en Newton by die VGK Bergrivier. Die spreker by die geleentheid is Florina de Bruyn van Ceres wat onlangs ’n geestelike boek wat dagstukkies bevat, Vergeet-my nietjies op Moedverloor, die lig laat sien het. Daar sal ook ’n uitstalling van handwerk, naaldwerk en gebak wees. Alle vroue van die vallei word uitgenooi om die dag mee te maak. Vir meer besonderhede, skakel Mariette van Graan by 021-873-3455 of 073-375-2167.
More
News
|