Leesketting in die Hoofstraat
2008-08-07
DIE Paarl word nie verniet as die bakermat van die Afrikaanse taal beskou nie. Donderdag 14 Augustus gaan ’n reusepoging aangewend word om die dorp te verewig in die Guiness Book of Records, wanneer ongeveer 7 000 leerders vanaf 09:00 tot 09:05 die verkeer tot stilstand sal dwing om ’n leesketting te vorm wat oor die lengte van die Hoofstraat sal strek. Dit is ’n hele 10 km vanaf Courtrai tot Noorder-Paarl. Die Drakenstein-verkeersdepartement sal alle verkeersreëlings hanteer.
More
News
|