Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'n Heerlike bederf vir dames

'n Heerlike bederf vir dames
 
2008-08-07


"GRYP elke geleentheid aan wat op jou pad kom”. Dit was die boodskap aan gaste wat die middagtee vir dames ter viering van Vrouemaand op Sondag 3 Augustus by Cotton’s Corner in die Paarl bygewoon het.

Die tee is gesamentlik deur die Afrikaanse Taalmuseum, Red Door, Cotton’s Corner B&B, The Lofted B&B, Yazeri Events Management en Drakenstein Munisipaliteit aangebied ter viering van beide Taalmaand en Vrouemaand in Augustus.

Gaste is bederf met heerlike eetgoed, kunstig versier deur Theresa Wilkins, en sang en vermaak uit die boonste rakke.

’n Groep jong kunstenaars van die Paarl het verras met ’n pragtige program wat gewissel het van opera tot ligte Afrikaanse musiek.

Vertonings is gelewer deur die fluitspeler Inge Pietersen, die sangers Jeanette Lekay, Samantha Adams en Bernie, en die sanger-pianis Lynette Petersen.

Die hoofspreker, burgemeester Charmaine Manuel, het die gaste daaraan herinner dat vroue wêreldwyd oor die eeue heen verdruk is, maar dat daar veral sedert 1994 vir Suid-Afrikaanse vrouens baie meer geleenthede is.

“Tog is mans en vrouens nog nie gelyk nie, wat veral weerspieël word deur die feit dat daar steeds baie meer mans as vrouens in bestuursposisies aangestel word,” het Manuel gesê.

Die voormalige Springbok-vlug­balspeler, Anne Siroky wat in 2007 die Shoprite /Checkers Vrou van die Jaar toekenning vir sport ontvang het, het die gaste toegespreek oor hoe haar deelname aan sport haar lewe verryk het.

Siroky, wat vele struikelblokke insluitende kanker oorwin het, is ’n voorbeeld van iemand wat die hindernisse in haar lewe as ’n uitdaging eerder as ’n probleem beskou en dit in ’n geleentheid verander.

Haar boodskap aan die gaste was dat hulle moet woeker met hul Godgegewe talente.

Francis Swartz het gesels oor die “Learn to Earn” projek, ’n inisiatief van Matie Gemeenskapsdiens op Stellenbosch, wat vroue bemagtig deur kralewerkvaardighede aan te leer en ’n geleentheid aan hulle bied om ’n eie inkomste te verdien.

Carlette Egypt van Red Door het ’n uitnodiging gerig aan almal wat soms droom om hul eie besigheid te begin om van Red Door se dienste gebruik te maak, byvoorbeeld om in te skryf vir ’n basiese besigheidskursus.

Elke vrou wat die geleentheid bywoon het, is gevra om ’n teddiebeertjie of ’n speelding saam te bring vir die pasiënte in die kindersaal van Paarl Hospitaal, wat tydens die geleentheid aan suster Michelle Pekeur, ’n afgevaardigde van Paarl Hospitaal, oorhandig is.

Manuel het ’n donasie vir hierdie doel bewillig wat aangewend sal word om leesboeke aan te koop vir die kindersaal.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za