Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vullisblik-voël veilig

Vullisblik-voël veilig
 
2008-08-07

Lise Beyers

’n BETER tuiste kon ’n weghol-voël nie vind nie! En dit is presies wat ’n pragtige African Grey papegaai gevind het toe hy die pad gevat het.

Verlede Maandagoggend het ’n munisipale straatveër die papegaai opgelet in Commercialstraat, Paarl, terwyl sy daar skoongemaak het.

Sy het die papegaai probeer vang, maar hy het haar aanmekaar ontwyk. Maar terwyl sy nog so agter hom aan is, duik hy kop eerste binne haar helder oranje vullisblik in.

Die skoonmaker het die al pikkende papegaai in ’n boks toegemaak en werk toe geneem. Terug by die munisipale store, het sy die boks aan haar bestuurder, Johan de Greeff, oorhandig. Hy was skoon stomgeslaan toe hy dit oopmaak en ’n pragtige papegaai steek sy kop daaruit.

De Greeff is huis toe met die vonds, waar die papegaai homself dadelik tuis gemaak het tussen die res van die De Greeff-diere.

“Ons het die veeartse geskakel om die papegaai te rapporteer, maar tot dusver het niemand dit as verlore aangemeld nie.”

Intussen het die De Greeffs ’n hok aangeskaf om die voël veilig te hou, maar het vinnig agtergekom dat hy nie ’n voël is nie.

“Hy sit die meeste van die tyd bo-op die hok, of hy loop deur die gange van die huis.

“Ons honde en kat stap net saam met die papegaai. Hy is nie juis gepla deur hulle nie.”

En sommer kort na die parmantige papegaai se aankoms by die De Greeffs, het hy baie spraaksaam geraak.

“Hy is heeltemal gerus hier en toon geen tekens van stres nie.”

“Alhoewel ons graag so ’n papegaai wil hê, voel ons dat dit net regverdig is om die regmatige eienaar op te spoor.

Enigiemand wat kan bewys dat die papegaai hulle s’n is, kan vir De Greeff skakel by 021-872-4227 na ure.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za