Voetganger sterf op spoorlyn
2008-08-07
Lise Beyers
’n Voetganger is verlede week dood toe hy ’n spoorlyn in SuiderPaarl probeer oorsteek het. Die onbekende blanke man is Vrydagoggend omstreeks 07:15 onder die Ceciliastraat-brug deur die trein getref wat in die rigting van Paarl-stasie onderweg was. Hy is op slag dood. Enigiemand wat kan help om die man uit te ken, kan vir insp Auckland Losper skakel by 021-807-4000. Enkele dae voor hierdie voorval is nog ’n persoon oorlede, ook in Suider-Paarl, toe hy onder die wiele van ’n trein beland het
More
News
|