SONDAG word Wellington kragloos gelaat, ’n brand by die substasie. Die brandweer is daar, en mense werk hard om sake te beredder.
Laatmiddag keer ons terug dorp toe, en sien ’n miernes van bedrywigheid by die substasie soos wat daar gewoel word om so gou moontlik krag na die dorp te herstel.
Geen rustige Sondagmiddag vir hierdie mense nie! Hulle spook hard.
Sondagaand is die kerse uitgehaal, die gasbottels staangemaak. Hier en daar klink opwekkers in die donker aand.
Maandagoggend teen werkstyd is die krag egter weer aan, en kan ons lewens aangaan soos gewoonlik. Nog voor die yskaste ontvries is.
Van die drie dae donkerte wat vir ons voorspel is, het gelukkig toe niks gekom nie.
Baie dankie aan Eskom en hul kontrakteurs vir hul harde en flinke werk om sake weer na normaal te herstel.
Kragtannie