EK het die vlugbalwedstryd tussen Bergrivier en Weltevrede Hoërskole gaan kyk, maar dit was ’n onaangename ondervinding.
Ek is mal oor sport, veral wanneer dit Derbytyd is. Maar wat ek gesien het, kan ek tot vandag toe nie glo nie.
Na sewe jaar het Bergrivier wakker geskrik en besef dat hulle drie studente van Klein Nederburg moet insmokkel om die vlugbal te wen.
Ek persoonlik dink dis verkeerd om studente van buite te gebruik vir ’n derby. Die wedstryd het byna in ’n bakleiery ontaard.
Ek is ’n Bergrivier-ondersteuner maar meen die punte het hulle nie toegekom nie.
Ondersteuner