Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoera vir spanwerk

Hoera vir spanwerk
 
2008-08-14


Die onverwagse kragonderbreking wat die hele Wellington Sondagoggend getref het, het toe ’n aangename verrassingselement gehad.

Ons was in kennis gestel dat die onderbreking minstens 24 uur sou duur, maar dit kan selfs drie dae wees.

As sakemense moes ons almal gebeurlikheidsplan­ne in plek kry.

Ek was Maandagoggend nog besig om al ons wassery se kliënte in te lig dat ek reëlings getref het om hul goedere in Kaapstad te laat doen, toe die krag onverwags om 08:30 aangaan.

Die werk wat dwarsdeur die nag gedoen is, het tot gevolg gehad dat die verwagte ongerief ingekort is na enkele ure.

Vir die sakegemeenskap en uiteraard vir alle huishoudings was dit ’n reuseverligting.

Ek het dadelik vir Jan Coetzee van Drakenstein Elektriese dienste geskakel en hom en sy span in samewerking met Eskom geluk gewens met ’n besondere prestasie. Wel gedaan!!

Herman Bailey




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za