Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dis net 'n skoolbyeenkoms

Dis net 'n skoolbyeenkoms
 
2008-08-14


EK was nie by Boishaai of Gim op skool nie en is dus heel onpartydig in dié verband. Daar is egter een groot ding wat pla en dit wil voorkom of dit nie in ag geneem word nie.

Ons werk hier met kinders. Hulle is nie professionele sportmanne of -vroue nie. Ongepaste kennisgewings is dus totaal ongevraagd. Indien dit as ’n grap gedoen was, het die persoon wat dit geplaas het, maar ’n donker sin vir humor.

Gesonde kompetisie is nodig, en ja, die skool se trots is op die spel, maar dit is ’n sport, nie ’n geloof nie.

Hierdie leerders het hulle harte uitgespeel en hulle bes probeer.

Op die dag het dinge net nie gewerk nie, dit is nie die einde van die wêreld nie.

Tradisie is baie nodig en is ook bitter belangrik, maar ek wil dit weer noem, hier is kinders ter sprake.

Wees dus minder krities en wees bly dat hulle wel aan sport deelneem en hulle nie aan ander ongewenste bedrywighede skuldig maak nie.

Bekommerde Paarliet




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za