Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Is dit verantwoordelike bestuur?

Is dit verantwoordelike bestuur?
 
2008-08-14


DIT het tyd geword dat die belastingbetalers van Drakenstein begin saamstaan om die monopolie van politieke partye die stryd aan te sê!

Die belastingbetaler betaal raadslede en munisipale amptenare se salarisse en is sekerlik geregtig op dienslewering, maar as jy op Vrydag 8 Augustus na 10:00 by die Munisipaliteit en die Verkeersdiens se registrasiekantore opdaag is hulle gesluit.

Die antwoord: ”Die dames vier Vrouedag” - nog ‘n partytjie!

Wie sou die ondeurdagte besluit geneem het om kantore toe te maak, wonder ek - miskien die Agbare Burgemeester, wat self ’n vrou is, of die Raad?

Duidelik het die Speaker, mnr Pele Mgajo, nes die publiek nie van so ’n besluit geweet nie, want hy het my na die munisipale bestuurder se kantoor verwys.

Laasgenoemde se foon het aanhou lui, want sy sekretaresse was seker ook by die feesvieringe.

Belastingbetalers sit op die kantlyn en toekyk hoe Madiba- en Vrouedagpartytjies gehou word en aanvaar stilswyend dat kantore te enige tyd gesluit word vir onbenullighede.

Hoekom word die registrasie- en lisensiekantore teen 15:00 daagliks gesluit, terwyl die munisipale werksure tot 16:45 is?

Ons plaaslike owerheid se standaard van dienslewering is nie op peil nie, maar hulle eis salarisverhogings en goue handdrukke by diensverlating, wat die belastingbetaler voor moet opdok!

Bekommerde belastingbetaler

Die munisipale woordvoerder, An­thony Sauls, reageer: Toestemming is verleen vir alle vroulike werknemers om ‘n Vrouedagviering by te woon op Vrydag 8 Augustus.

Die doel van die dag was tweevoudig van aard:

a) Om Vrouedag te vier en b) om fondse in te samel vir ’n organisasie wat werk met mishandelde vroue en kinders.

Die funksie het om 11:00 begin en vroue het gewerk tot 10:30 (Paarl­area). Toestemming is verleen om die funksie te hou op voorwaarde dat dienslewering nie geraak word nie, daarom word ook ons manspersoneel bedank wat oral “ingestaan” het vir ons damespersoneel.

’n Manlike kollega was die betrokke dag die Munisipale Bestuurder se sekretaris, en alle oproepe moes by hom uitgekom het.

Wat betref die vroeë toemaaktyd van die lisensie­­-owerheid by die toetsstasie. Ons is gekoppel aan die nasionale verkeersinligtingstelsel, wat om 15:00 afgesluit moet word.

Alle transaksies vir die betrokke dag word dan deurgegee en opgeneem op die Nasionale Stelsel.

So ook sluit ons kassiere af om 16:00, waarna die rekonsiliasies van inbetalings vir die dag gedoen word.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za