Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swendelaar woel weer

Swendelaar woel weer
 
2008-08-14


NADAT ’n foto van ’n vermeende swendelaar onlangs in Paarl Post verskyn het, het nog mense na vore gekom wat vermoedelik ingeloop is.

Die publiek is deur die polisie gewaarsku teen Jerome Rens, wat na bewering homself voorgee as ’n pastoor wat geld insamel vir HIV slagoffers.

Toe Rens se foto in die koerant verskyn het, het die polisie nog ’n oproep ontvang van ’n vrou. Sy beweer dat ’n man wat ooreenstem met Rens se beskrywing, by haar aangeklop het en vertel het dat sy vrou onlangs dood is en vir hom gelaat het met ’n klein baba. Sy het vir hom binnegenooi, daar is gebid, en die man is weg met R300 in sy sak.

Ook in Malmesbury is ’n klag­te ontvang oor ’n persoon wat Rens se beskrywing pas.

Hier sê die polisie, het ’n vrou navore gekom en volgens haar het dié man vir haar gebid en toe hy en sy vroulike metgesel daar weg is, het sy agtergekom dat sy van juwele en duisende rande besteel is.

Die polisie waarsku steeds die publiek om nie hul deure oop te maak vir vreemdelinge nie, al kom hulle baie onskuldig voor.

Enigiemand wat nog inligting vir die polisie het oor sulke ongerymdhede, kan vir insp Hildegard Mackier skakel by 082­- 850-9614.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za