Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Projek val plat

Projek val plat
 
2008-08-14

Sieb Sieberhagen

TERWYL die Bordeaux-ontwikkeling in Wellington, waar voornemende kopers vier jaar gelede nog uitgesien het na goeie opbrengste, topklas- sekuriteit en asemrowende uitsigte, gesneuwel het, sit inwoners in Voorstraat steeds met die kopseer van moontlike oorstromings indien nog reënbuie weer kan voorkom.

Tans is Stephan Spies, eienaar van die grond, en ontwikkelaar Rhett Molyneux van Molyneux Estates in ’n regsgeding betrokke.

Die ontwikkeling is die afgelope vier jaar bemark, maar geen dienste is nog geïnstalleer nie. Grond is wel by tye verskuif, maar geen vordering is met die projek gemaak nie.

Spies wou nie kommentaar lewer nie, maar het wel genoem dat die moontlike onttrekking van oorsese fondse die probleme kon veroorsaak het.

“Die betalingsvoorwaardes met die ontwikkelaars, Molyneux Estates, het deur die mat geval,” sê hy.

“Geen individue het as gevolg van die probleem skade gely nie. Ons beplan om oor twee tot drie maande planne vir ’n nuwe aftree-ontwikkeling gereed te hê.”

Intussen is daar onsekerheid oor wie die verantwoordelikheid moet dra vir skade wat inwoners in Voorstraat, aan die onderkant van die ontwikkeling, kan oorkom.

Die twee damme wat op die terrein aangebring is, sou deel uitmaak van die Bordeaux-ontwikke­ling.­ Die damme sou terselfdertyd help om die stormwater in die gebied te beheer.

Een van die dam- me het onlangs gebreek en vloedskade van etlike duisende rande is aan ’n huis in die omgewing aangerig.

Beide Stephan Spies, eienaar van die grond, asook inwoners van Voorstraat is deur die amptenare van Drakenstein Munisipaliteit verseker dat die dam nie sou breek nie.

Kontoere is aangebring en van die afvoerslote is wyer gegrawe om moontlike vloedwater na die stormwaterstelsel in Voorstraat te herlei, sê Spies.

“Al die stormwater van daardie gebied beland op hierdie stuk grond, daarom sou die damme kon help om die vloedwater te reguleer,” sê hy.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za