Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011

Search WWW
Search Paarlpost

Bainskloof reg vir reuse-ontwikkeling

Bainskloof reg vir reuse-ontwikkeling
 
2008-08-14

Malané Bosman

DIE hange van Bainskloof staan gereed om nog vanjaar aan ’n oordontwikkeling van R180 miljoen ’n tuiste te bied.

Die fondamente vir die Bainskloof Estate, op die perseel alombekend as Bakkies se Padstal, word volgende maand gelę, met die datum van voltooiing beraam op Oktober 2009.

Die ontwikkelaars, Redlex 330 (Edms) Bpk, vorm deel van die ontwikkelingsarm van King Financial Holdings en is op Wellington gebaseer.

In 2004 is die projek weens goedkeuringsprobleme rakende die omgewings- en sonerings- regte stopgesit deur Tasneem Essop, die destydse provinsiale minister van beplanning en omgewingsake.

Ná twee jaar van ondersoeke en onderhandelings is bevind dat die soneringsregte wel gevestig was. Met enkele aanpassings deur die ontwikkelaars is die projek toe ook in terme van die betrokke omgewingswetgewing aanvaar.

Die Drakenstein Munisipaliteit het die ontwikkelingsplanne goedgekeur en beplan nou om die fasiliteit en akkommodasie in te skakel by hul 2010 Węreldbeker-sokker- inisiatief.

“Dalk was die oponthoud ’n bedekte seën,” meen Reggie King.

“Nou dek die ontwikkeling soveel meer aspekte, van ’n apartement-hotel en wooneenhede tot ’n opleidingsfasiliteit vir kelners en ander in die toerismebedryf.

“Ons het destyds al die behoefte raakgesien vir bekostigbare verblyf by ’n konferensie- en troufasiliteit. Daar is baie onthaalsentrums hier, maar min plekke waar gaste kan oorbly.

“Die ligging in Bainskloof is ideaal vir besoekers en toeriste, soos Europeërs wat graag in Suid-Afrika trou. Die oord sal ’n reuse trekpleister na Wellington wees.”

Beplanning vir die Bainskloof Estate-ontwikkeling is gedoen deur die argitekfirma Dennis Moss Vennootskap.

Die projek bestaan uit ’n private oordontwikkeling (private residence club) met 128 luuks-gemeubileerde eenhede van 60m˛ elk.

Die kopers van die R1,48m deeltitel-wooneenhede kry as deel van die pakket ’n aandeel in die oordhotel en die bykomende, multi- funksionele fasiliteite - ’n restaurant, onthaalareas, swembad, trou­geriewe met kapel en amfiteater asook konferensie- en opleidingsfasiliteite.

Gepoelde inkomste sal verseker dat, wanneer een van die eenhede leeg staan, die aandeelhouers steeds deel in die inkomste van die hotel en ander fasiliteite.

Die King Groep het ’n vennootskap gesluit met Urban Hip Hotels en dié hotelgroep sal die bedryf van die totale ontwikkeling behartig.

Die elemente van die streeksargitektuur is verweef in die ontwerp. Landskapering met waterelemen­te as ’n deurlopende tema, maak die ontwikkeling aantreklik ,nie net vir plaaslike toeriste nie, maar ook oorsese besoekers.

Samesprekings is met Khaya Mrali en ander verteenwoordigers van Drakenstein Munisipaliteit se Paarl 2010 inisiatief gevoer om Bainskloof Estate in te skakel by die Węreldbeker-sokkertoernooi.

Die Raad is ook opgewonde oor die beskikbare akkommodasie vir die jaarlikse prestige SA Ope gholfkampioenskap wat by Bos­chen­meer gehou word.

* Construction on a R180m resort development starts on the slopes of Bain’s Kloof next month.

More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za