Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seidelberg, Windmeul gekroon

Seidelberg, Windmeul gekroon
 
2008-08-14


SEIDELBERG se Roland’s Reserve Syrah 2006 spog nou met die trotse titel as 2008 Paarl Shiraz van die Jaar. Hierdie intense wyn van Seidelberg wynmaker Cerina de Jongh het die gesogte Santam Paarl Uitdaagstryd-trofee voor 38 ander aspirant-wyne weggeraap.

“Ons versorging van ons wingerde en intieme insig in ons terroir verseker dat die eeue-ou tradisies suksesvol met moderne tegnieke vermeng word om hierdie wenwyn voort te bring,” sê De Jongh.

Charles Hopkins, kompetisie-beoorde­laar en keldermeester by De Grendel, stem saam.

“Hierdie wyn gee die ideale uiting aan die fyn speseryagtige en meer spesifiek fynbos-geure so tipies aan Shiraz uit die Paarl omgewing, in teenstelling met die peper- of boegoegeure wat tipies is aan Shiraz wyne van ander streke. Die wyn sal die perfekte metgesel wees vir ’n ryk wildsvleis- of ander sterk gegeurde rooivleisgereg.”

Rhebokskloof Syrah 2006 en Landskroon Paul de Villiers Shiraz 2006 het in onderskeidelik tweede en derde plek gevolg.

Hierdie jaar se Chenin Blanc wenner, Windmeul Wooded Chenin Blanc 2008, was die onbetwiste gunsteling van die hele paneel beoordelaars.

“Alhoewel die wyn nog jonk is, is die hout reeds baie goed met die vrugtegeure geïntegreer en tree dit slegs aanvullend op tot die wyn se eie inherente goeie eienskappe,” sê beoordelaar Zakkie Bester, voorsitter van die SA Chenin Blanc Vereniging en keldermeester van Riebeek-kelders.

“Die perfekte balans tussen suiker en suur het dit ook duidelik van die ander inskrywings onderskei. Hierdie wyn sal verder verbeter tydens die verouderingsperiode in die bottel.”

Nederburg Winemaster’s Chenin Blanc 2007 het die tweede plek behaal, terwyl Perdeberg Reserve Chenin Blanc 2007 derde geëindig het.

Die uitdaagstryd probeer tegelykertyd om erkenning aan kelderassistente te gee vir die onontbeerlike rol wat hulle tydens die wynmaakproses speel deur middel van ’n proekompetisie.

Vanjaar het verskeie Paarlse wynkelders 28 kelderassistente sonder enige formele kelder- of wynmaakopleiding ingeskryf vir hierdie kompetisie waartydens deelnemers onder andere foute moet identifiseer in terme van kleur, suur of ander afwykihngs.

Windmeul se Chenin Blanc-oorwinning is aangevul deurdat hul kelderassistent, Henry Links, ook hierdie trofee verwerf het.

Links, ook wenner van dié kompetisie in 2006, het verlede jaar tydens die nasionale kompetisie ‘n tweede plek behaal.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za