Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportuitblinkers gesoek

Sportuitblinkers gesoek
 
2008-08-14


DIE Paarl Post sportdinee word al die afgelope 15 jaar aangebied om sportlui in die koerant se lesersgebied te vereer.

Sportklubs en skole wat hul sportpresteerders wil inskryf vir vanjaar se Paarl Post Sportster van die Jaar- kompetisie, kan nou so maak. Pragtige trofeë en R1 000 per wenner is op die spel.

Inskryfvorms word vandeesweek gepos aan klubs en skole en ekstra vorms kan van Maandag by die kantore van die Paarl Post afgehaal word.

Elke klub en skool mag sportlui nomineer in die mans en vroue junior en senior afdelings.

Om as ’n junior te kwalifiseer moet die kandidaat op 1 Januarie 2008 nog nie 19 jaar oud gewees het nie.

Kandidate se prestasies moes behaal gewees het tussen 1 September 2007 en 31 Augustus 2008.

Die wenners en naaswenners sal op Donderdagaand 16 Oktober by ’n spogdinee by die Kronenburg-onthaalsentrum aangekondig word.

Vir navrae, kontak Jaco van Wyk by 021-870-3705 of Trix Buckle by 021-870-3723.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za