Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Karate-studente na Japan

Karate-studente na Japan
 
2008-08-14


SEWENTIEN studente van sensei Francois du Plessis se karateskool is gekies as ’n kulturele groep wat hul swartgordel-eksamen in Japan gaan aflê.

Die span vertrek op 22 September na Tokyo. Die span sal ’n intensiewe oefenprogram deurloop en onder andere tuisgaan by die Kashima Jimbo - ’n historiese martial arts kulturele sentrum.

In Japan sal hulle oefen onder seiko Shihan Gogen, hoof van Goju-Kai in Japan en seun van die legendariese Gogen Yamaguchi. Die Afrika-hoof, Sihan Peter Brandon, sal ook die span vergesel.

Vir ’n karate-student verg dit jare se oefening om ’n swartgordel te bereik. Om dit in Japan te bereik, maak dit soveel meer van ’n hoogtepunt.

Sommige van die studente wat gekies is, het reeds op vierjarige ouderdom, onder leiding van sensei Francois du Plessis, begin karate neem.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za