Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geelkaart-storm tref Pniel Villagers

Geelkaart-storm tref Pniel Villagers
 
2008-08-14


PNIEL VILLAGERS se kanse om dié seisoen die Superliga B-titel in te palm het die naweek ’n gevoelige knou gekry toe hulle met 14-0 teen Kraaifontein verloor het.

Met dié oorwinning is Kraaifontein nou die nuwe voorlopers in die kompetisie.

In ’n wedstryd wat soveel belofte ingehou het, is die wedstryd ontsier en oorheers deur die wedstrydbeamptes wat nie minder nie as sewe geelkaarte aan Pniel gegee het.

Dit het meegebring dat die besoekers vir sewentig minute slegs veertien spelers op die veld gehad het.

Om dinge nog moeiliker te maak was daar vir twintig minute slegs dertien spelers op die veld aangesien twee spelers gelyktydig in die koelkas beland het.

Die manne van Pniel moet geloof word dat hulle nooit gaan lê het nie en deur die loop van die wedstryd hul doellyn soos tiere verdedig het.

Kraaifontein kon slegs een drie teen hul besoekers behaal.

Pniel het vir die volle tagtig minute nooit ophou veg nie, maar sodra die manne van Franschhoek hulself in ’n goeie aanvalsposisie bevind het, was hulle met strafskoppe gepeper wat dan die druk op die tuisspan verlig het.

Beide spanne het alles in hul vermoë gedoen om die skare met aanvallende rugby te trakteer, maar vir die besoekers was die ontwrigting net te groot en hulle kon vir die eerste keer hierdie seisoen geen punte aanteken nie.

Geen insidente van geniepsige of vuilspel was uitgewys nie en die wedstryd was in ’n goeie gees gespeel.

Ongelukkig het die skeidsregter hom laat oorheers deur sy junior assistente.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za