Vriende van Paarlberg gestig
2005-07-14
DIE stigtingsvergadering van die Vriende van Paarlberg vind plaas op Saterdag 13 Augustus, van 11:30 tot 13:00, direk na die oggenduitkapsessie (09:00 tot 11:00).
Let asseblief daarop dat u nie by die uitkap hoef te wees om die vergadering by te woon nie.
Enigeen (enige ouderdom) wat omgee vir die bewaring van Paarlberg en wat graag betrokke wil raak by projekte wat die natuurreservaat sal opgradeer, is welkom om dit by te woon.
Die vergadering vind plaas by die hoofpiekniekplek, Jan Phillipsbergpad, Paarlberg Natuurreservaat. Bring asseblief ’n piekniekmandjie vir middagete saam.
Vir meer inligting, kontak Gael Campbell-Young by tel 872-8672 of 084-793-2876.
More
News
|