Wetenskap expo
2008-08-14
MEER as 450 deelnemers van skole in die Boland, gaan volgende week van Donderdag op Stellenbosch deelneem aan die Stellenbosch-streekkompetisie van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes. Dit vind plaas in die Paul Roos Gimnasium Aktiwiteitsentrum. Lede van die publiek word genooi om die verskillende uitstallings te besigtig op Vrydag 22 Augustus vanaf 11:00. Die streekskompetisie word vanjaar vir die 8ste keer deur die Universiteit Stellenbosch se Instituut vir Wiskunde en Wetenskap Onderrig (IWWOUS) as deel van die Fakulteit Opvoedkunde, in samewerking met die US Fakulteit Natuurwetenskappe georganiseer.
More
News
|