Pianis blink uit
2008-08-14
LOURENS FiICK, matrikulant van HJS en musiekleerling van die Kunsteskool by NoordEind, het 90% behaal in die Unisa graad 8 klaviereksamen en is op die ererol vir uitblinkers geplaas. Hy speel ook later vanjaar sy graad 8 blokfluiteksamen en is ook gekeur om vanaf 15 tot 17 Oktober aan die Unisa Beurskompetisie in Pretoria te gaan deelneem. Hy gaan volgende jaar B. Mus. aan die Universiteit Stellenbosch studeer.
More
News
|