Alla kragtie!
2008-08-14
Lise Beyers
WELLINGTONNERS is Sondag lam gelę, toe die dorp vir etlike ure lank sonder krag gelaat is. Die onderbreking was nie te wyte aan beurtkrag van Eskom nie, maar weens ’n brand wat ontstaan het by ’n substasie in Champagnestraat. Brandweerwaens was vinnig op die toneel toe swart rook uit die substasie begin borrel het. Hulle moes egter vir Eskom tegnici wag om die kragtoevoer na die stasie af te skakel voordat hulle die brand kon blus. Die herleikamer wat die aktiwiteite van die hele substasie beheer, is beskadig. Eskom het hierna onmiddellik begin met herstelwerk, en ’n mobiele substasie is vanaf Kaapstad gebring om verligting aan die dorp te bring. Wellingtonners was egter die res van Sondag sonder krag. Nadat tegnici heelnag gespook het, is die krag in verskeie gebiede van Wellington Maandagoggend reeds om 07:30 aangeskakel. Later die dag is die hele dorp, asook die landelike gebiede, weer van krag voorsien. Die hoof van elektriese dienste by Drakenstein Munisipaliteit, Jan Coetzee, het gesę dat daar druk gewerk word om die volle skade van die brand te herstel, maar dit kan nog ’n geruime tyd neem. “Dit is op hierdie stadium nie seker of die tydelike maatreëls wat Eskom ingestel het, die volle kragaanvraag van Wellington kan voorsien nie. “Ons vra dus verbruikers om spaarsamig te wees met krag en om nie onnodige toerusting soos verwarmers en lugreëlaars te gebruik nie. “Alhoewel die kragtoevoer tans werkend is, kan daar weer onderbrekings ontstaan tydens herstelwerk.” * A fire at a substation in Wellington caused a huge power-outage in the area on Sunday.
More
News
|