Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boishaaier hou SA se naam hoog

Boishaaier hou SA se naam hoog
 
2008-08-14


THOMAS WEIGHILL, graad 12 leerder van Hoër Jongenskool, het skoonskip gemaak deur die eerste posisie los te slaan by die Pan-Afrika Wiskunde Olimpiade (PAWO) wat in Benin plaasgevind het.

Daar het agt-en-dertig deelnemers van elf lande aan die Olimpiade deelgeneem.

Benewens Thomas se eerste plek, het die Suid-Afrikaanse span ook met die louere weggestap.

“Dit pla my glad nie om skool te gaan in ’n gemeenskap waar byna alles om rugby draai nie. Dit gee my die geleentheid om te konsentreer om ander belangrike dinge.

“Ek het besluit om hierdie jaar op my akademie te fokus en gaan hard werk om agt onderskeidings te behaal,” vertel Thomas.

Dit was dié slimkop se eerste deelname aan die PAWO. Hy beoog om volgende jaar ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer.

Die spanlede het twee voorbereidingskampe tydens die skoolvakansie bygewoon.

“Thomas is ’n belowende, jong wiskundige. Hy het so pas vir die finale ronde van die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade gekwalifiseer en het ’n goeie kans om vanjaar een van die SAMF se medaljewenners te wees,” het Ellie Olivier van South African Mathematics Foundation gesê.

Die ander spanlede was Dessi Nikolov van Bloemfontein, Liam Baker van Kaapstad en Arlton Gilbert van Durban.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za