Wenke oor hare en velsorg
2008-08-14
DIE Paarl VLV aandtak hou vandag 19:00 hul maandvergadering in die saal van die Hervormde Kerk Paarl. Op die agenda is ’n oordoensessie (make-over) deur Platinum Hair & Beauty van Tygervallei. Hulle kom met ’n span en transformeer twee modelle se voorkoms. Hulle gee wenke oor hare, velsorg en grimering. Heloise Sykes van Lily, die splinternuwe boetiek in die nuwe Dwars-in-die-Weg-sentrum, kom gee wenke oor bykomstighede en klerekeuses. Dit gaan ’n lekker gesellige aand wees en lede sowel as gaste is baie welkom. Kom kuier saam. Skakel Hetta van der Merwe by 021-863-1427
More
News
|