Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Help gestremdes

Help gestremdes
 
2008-08-14


DIE algemene jaarvergadering van die Drakenstein Sentrum vir mense met gestremdhede word op 21 Augustus om 18:00 by die Immanuel Kerksaal, in Rasckestraat, Paarl, gehou.

Enige lid van die gemeenskap wat belang stel om te dien op die bestuur, of wat ’n rol wil speel in die lewe van persone met gestremdhede, is welkom om die kantoor te kontak, of die vergadering by te woon.

Drakenstein Sentrum is ‘n geregistreerde welsynsorganisasie wat maatskaplike dienste lewer aan persone met gestremdhede. Die Sentrum bestaan reeds vir die afgelope 23 jaar en word deur vrywillige lede vanuit die gemeenskap bestuur. Die sentrum is geleë op die perseel van Paarl Vaardigheidskool.

Op die perseel is maatskaplike kantore van vier maatskaplike werkers, asook ‘n werkswinkel wat bestaan uit afdelings waar hoofsaaklik kontrakwerk gedoen word. Kontrakwerk word voorsien deur besighede vanuit die diensleweringsareas in die Drakenstein munisipale area tot so ver as Saron, asook ‘n gedeelte van die Stellenbosch munisipale area (Klapmuts en Franschhoek). Die Sentrum ondervind die afgelope tyd finansiële druk weens die verhoogde vervoeruitgawes om die persone met gestremdhede na en van die werkswinkel te vervoer. Om die finansiële druk te verlig, word ‘n Piekniekdans op 6 September, ‘n wynveiling in die maand van Oktober en ‘n uitverkoping van produkte in November gehou.

Indien enigiemand sou belangstel om enige ondersteuning te bied, kan bydraes tot bogenoemde funksies gemaak word in die vorm van blomme, wyn, kontant, enigiets van waarde soos breekware, silwer, klerasie, skilderye en boeke.

Die sentrum is ook op soek na kontrakte vanaf besighede om verpakking en soortgelyke werk te doen. Besighede is welkom om die sentrum te kontak vir enige vorm van kontrakwerk. Die persone met gestremdhede word betaal vir diens gelewer om hul karige ongeskiktheidstoelaag aan te vul.

Die sentrum wil ook graag ’n “Vriende van die organisasie” stig. Van die “vriende” sal verwag word om maandelikse kontribusies te maak in die bankrekening van die sentrum as inkomste. Enigiemand in die posisie om gereelde bydraes te maak, kan ook die kantoor by 021-863-0446/7 kontak vir bankbesonderhede.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za