Cussons stal uit
2008-08-14
By die opening van die kunsuitstalling van Sheila Cussons vanaand om 19:00 in die Breytenbach-sentrum, word hulde gebring aan hierdie kunstenaar as beide digter en beeldende kunstenaar. Die spreker is Amanda Botha, joernalis- skrywer en kunskenner, wat sal praat oor die besonderse verbintenis tussen Cussons en Breyten Breytenbach. ’n Kort film oor Cussons se lewe en werke maak hiervan ’n besonderse geleentheid. Vir Cussons het die beeld en woord altyd in wisselwerking met mekaar gestaan. Skilderye word gedigte, gedigte word skilderye, letterlik en figuurlik. “Wanneer ek werk, is ek die kuns. Ek is die tekening of skildery of die gedig waarmee ek besig is. Slegs wanneer die werk afgehandel is, kry die gedig, tekening of skildery ’n eie lewe, ’n eie individualiteit,” het Sheila Cussons in ’n dagblad in 2002 gesê. Die uitstalling duur tot 30 Augustus. Skakel 021-873-2786 vir navrae.
More
News
|